#innibos Sappi Boeke-crawl 2015

Die Sappi boeke-crawl is jaarliks die hoogtepunt vir feesgangers wat op soek is na ’n unieke ervaring rondom boeke en musiek.

Vanjaar word die mistieke Kaapsehoop weer besoek. Dit is soos pub crawling, maar hier word agter woorde en wysies aan gecrawl. Die crawling skop af by I’Langa Mall se parkeerterrein waar feesgangers op ’n bus klim en al kuierende die kronkelpad na Kaapschehoop aandurf.

Vier verskillende venue’s maak deel uit van die crawl. Ligte eet- en drinkgoed is op die spyskaart om die ergste koue en honger te besweer.

Met: Amanda Strydom, Janine Neethling, Karin Brynard, Adam Tas, Herman van den Berg, Nathan Smith, Andra en Chris van Niekerk

Genre: Boeke & Musiek
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 240 minute
Kaartjies: R 302
Plek: Kaapsehoop, Nelspruit (ligte verversings en drinkgoed ingesluit)
Busse vertrek vanaf die I’Langa Mall – by Mercure Hotel se hek.
Datum: Do 2 Julie om 14:00, 16:00 en 18:00

Sappi Boeke-crawl 2015,
Roekeloos,
12 Mei 2015.

innibos 2015

Lewer kommentaar

Leave a Reply