Verskeie waardevolle skilderye is uit die museum Kunsthal Rotterdam in Rotterdam, Nederland gesteel.
Volgens berigte is ‘n skildery van Henri Matisse een van die kunswerke wat gesteel is. Die versameling van 150 kunswerke, insluitend skilderye van Pablo Picasso en Claude Monet, is vir die eerste keer ooit deel van ‘n openbare uitstalling.
