Roekeloos
27 Junie
Die Iziko Slave Lodge in Kaapstad bied van gister af Sue Williamson se uitstalling, There’s something I must tell you, aan. Dit duur tot 30 Junie.
Dié uitstalling fokus op die vroue in die stryd teen apartheid in Suid-Afrika. Dit kyk ook na die verhouding van dié vroue met hul Born Free kleindogters. Die uitstalling plaas die begrip demokrasie in nuwe perspektief.
Die vroue en hul kleindogters is oorlede Amina Cachalia haar kleindogter Luiza Cachalia, Dr Brigalia Bam en Busisiwa Bam, Ilse Fischer en Thandi Lewin, Vesta Smith en Tammy Leigh Lodge, Caroline Motsoaledi en Busisiwe Khatibe, en Rebecca en Nompumelelo Kotane.
There’s something I must tell you sluit ook werke in van Williamson se vorige uitstallings, A few South Africans en All Our Mothers.
