1920

Die Suid-Afrikaanse komponis Johannes Jacobus Fagan pleeg selfdood in Londen weens sy toenemende gesondheidsprobleme en die dood van sy verloofde. Hy het sianied gedrink.

Ten tyde van sy dood was hy ‘n student aan die Royal College of Music (RCM) in Londen waar hy in September 1916, tydens die Eerste Wêreldoorlog, begin studeer het. Fagan het belangrike bydraes tot die kunslied-genre in Suid-Afrika gemaak en was die eerste Suid-Afrikaanse komponis wat hom op die gebied van orkesmusiek onderskei het.

Lewer kommentaar

Leave a Reply