Twee uitsonderlike en uiteenlopende bariton-sangers, in ’n klassieke oorkruis-musiek vertoning.

Riaan Hunter het geen bekendstelling nodig nie en is al jare lank doenig met allerhande groot en kleiner produksies en vertonings regoor Suid-Afrika.

Corneil Muller het bekendheid verwerf op die televisie program The Voice South Africa.

Hunter en Muller verenig hul stemme om ’n onvergeetlike musikale ervaring te bied wat die rykdom van opera vermeng met populêre genres.

Van tydlose aria’s tot moderne meesterstukke, liedjies waarna die gehoor kan uitsien is onder andere, Leonard Cohen se “Halleluja”, “Regresa A Mi (Unbreak My Heart)”, “O Sole MIO”, “Nessun Dorma” en nog vele meer.

Bespreek nou jou kaartjies (R200) by www.dieboer.com of skakel 021-979 1911 .

Riaan Hunter en Corneil Muller
Riaan Hunter en Corneil Muller

Lewer kommentaar

Leave a Reply