Hierdie is een van twee produksies by vanjaar se Nasionale Kunstefees van Standard Bank se Jong Jazz-kunstenaar van 2017, Benjamin Jephta.

Hierdie een fokus op sy liefde vir jazz, wat hy vermeng met hip-hop, elektroniese musiek en rock, met die oog op die invloed van populêre kultuur op jongmense. Soos met al sy komposisies, kom die begrip van identiteit sterk na vore.

Acoustic Elektrik manipuleer akoestiese instrumente met elektronika om sodoende ’n klank te skep wat genres kan laat uitbaster om iets vars en nuut te skep.

Met: Benjamin Jephta, Sisonke Xonti, Justin Bellairs, Marcus Wyatt, Kyle Shepherd, Bokani Dyer, Sphelelo Mazibuko, Eden Myrrh & Jitsvinger

Vervaardiger: Standard Bank Jazz Festival

Genre: Musiek
Taal: English
Ouderdomsbeperking: PG
Tydsduur: 1 uur 10 minute
Plek: DSG Hall, Grahamstad
Datum: 7 Julie 2017, 19h30

Nasionale Kunstefees 2017


Acoustic Elektrik

Benjamin Jephta,
Benjamin Jephta,


Acoustic Elektrik


3

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar