Vir die afgelope twee dekades het die meesterlike optredes van die SAMA-bekroonde blues- en rock-kitaarspeler en sanger Albert Frost, gehore wêreldwyd bekoor. Sedert sy beginjare, toe hy die “Suid-Afrikaanse Hendrix” genoem is, het Frost gegroei tot ‘n musikale krag met ‘n unieke styl en klank … nie net as kitaarspeler nie, maar ook as liedjieskrywer.

Albert se eerste liefde bly die Blues, wat voortspruit uit die invloed van sy lang verhouding met die Blues Broers, saam met wie hy sedert 1994 op die ouderdom van 17 opgetree het. Voeg by die Schalk Joubert en Jonno Sweetman en maak jouself reg vir ‘n meesterklas in musikaliteit.

Albert Frost Trio by Die Boer teater-restaurant in Durbanville op 26 November om 20h30. Kaartjies kos R250 en beskikbaar by 021 979 1911 / www.dieboer.com

Albert Frost Trio
Albert Frost Trio

Lewer kommentaar

Leave a Reply