Amira Willighagen keer terug na Die Boer en die gehoor kan gereed maak vir ’n meesterlike konsert wat musikale genres oorskry en die briljante en veelvlakkige talent van Amira belig. Hierdie Holland’s Got Talent wenner (op die ouderdom van 9 jaar) het pas mondig geword en weef gemaklik elemente van klassieke elegansie, die sielvolheid van kontemporêre klanke, die grootsheid van filmmusiek, die nostalgie van musiekblyspele en die ritmes van die wêreld naatloos saam. Amira betower die gehoor met ‘n meesterlike, magiese, musikale kragtoer en die gehoor kan uitsien na ‘n musieksamestelling wat bekend op die oor val.

By Die Boer teater restaurant in Durbanville op Saterdag 29 November om 20:30 en Sondagmiddag 30 November om 14:00

Kaartjies kos R 225 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

Amira
Amira

Lewer kommentaar

Leave a Reply