Roekeloos
12 Augustus
Gerber en Schoeman, wat in 2012 die algehele wenners van die IBLA Internasionale Musiekkompetisie in Italië was, se optrede by Klein Karoo Klassique beloof om een van die groot hoogtepunte op vanjaar se program te wees.
Die duo speel ’n opwindende program van bekende werke van Anton Rubinstein, Igor Stravinsky en Sergei Rachmaninoff.
Dr. Anzél Gerber, wat aan die Konservatorium by die Universiteit van Stellenbosch verbonde is, word deur kritici geprys vir haar buitengewone musikaliteit en tegniek en sy word toenemend as ’n solo-kunstenaar op bekende wêreldverhoë gehoor. Sy speel op ’n tjello gemaak deur Antonio Gagliano (Napoli ca. 1820), op bruikleen van die Maggini Stigting in Switserland.
Ben Schoeman, wat met sy doktorale studies in Londen besig is, word met reg deur die kritici beskryf as die beste Suid-Afrikaanse pianis van sy generasie. Hy is die algehele wenner van verskeie internasionale klavierkompetisies, waaronder kompetisies in die VSA, Londen en Pretoria.
Met: Anzél Gerber (tjello) en Ben Schoeman (klavier)
15 August • 18:00 • Burgersentrum Ouditorium, Oudtshoorn • R 100 • 90 minute