Deur die loop van die eeue is baie musiek met die titel Ave Maria gekomponeer.
Ook is die gebruik van die woordjie “Halleluja” binne musiekkonteks ’n algemene verskynsel. Hierdie ligte klassiekemusiekproduksie is gegrond op die unieke musikale samevloeiing van komposisies wat “Ave Maria” of “Halleluja” as titel deel.
Ou bekende werke word op ’n vars en uitsonderlike wyse aangebied.
Hierdie produksie gaan beslis ’n opwindende en innoverende musiekervaring te wees.
Met Jak de Priester saam met Hanli Stapela (sopraan), Ockie Vermeulen(orrel), Lizelle le Roux (viool), Winand Grundling (orrel), Matthew Lombard (altsaksofoon), Christi-Louise Swanepoel (kontrabas), Hugo Radyn (perkussie) en die Laudate Sangers o.l.v. Dianne Wolhuter
Konsep: Ilse Schürmann
Musiekverwerkings: Ockie Vermeulen
Teks: Marlize Leyden (teks) en Jacques Botes (stem)
Datum en tyd: So 3 Julie 14:00
Venue: NG Suidgemeente, Nelspruit
Tydsduur: 75 minute
