(Fees is gekanselleer.)

Bietjie Bos Fees word vanjaar weer by Marakeli Plaas in Limpopo aangebied. Kry jou vriende bymekaar, pak jou kar en ry bosveld toe vir ‘n naweek van lekker musiek en groot kuier. Vanjaar se program bied van SA se gewilde kunstenaars en die span is hard aan die werk om die kampterrein gereed te kry vir ‘n heerlike bosveld jol!

Dis altyd lekker om mens se sorge in die stad agter te laat. Vanjaar se Bietjie Bos kaartjies sluit jou kampeer-plek in, bring net jou eie tent. Feesgangers kan kies tussen naweek – en dag- kaartjies en die fees is geskik vir die hele gesin. Dink net, bosveld uitsigte, die mooiste sonsopkoms en sonsondergange met musiek uit die boonste rakke!

Francois van Coke en die Gevaar is daar vanjaar! Hy sê: “`n Partytjie in die bos is gewoonlik bietjie wilder, want almal ontsnap die stad se inhibisies. Ek sien baie uit daarna om te gaan rock ‘n roll in die bosveld.”

Die legendariese bosveld musiek-ruiter Valiant Swart sê: ‘Ek is baie opgewonde om weer by Bietjie Bos Fees op te tree. Behalwe vir die lekker fees-atmosfeer, sien ek verskriklik uit daarna om die ander bands te sien en weer ‘n keer te rock ‘n roll met elektriese kitare, dromme en yskoue bier. Ek gaan ook ‘n paar liedjies van my nuwe album Rondry, Fliek en die Buitelewe speel, so kom luister en dans saam!”

Van Pletzen bring ook hierdie jaar tunes vanaf n nuwe album saam. “Bietjie Bos was ‘n jol laasjaar. Hierdie jaar gaan ons nog groter!”

Die jong kunstenaar Carla Franco tree vanjaar vir die eerste keer by Biejie Bos op. Sy vertel dat sy baie opgewonde is: “Bietjie Bos het verlede jaar gerock! Die kunstenaars, musiek en organisasie was fantasties. Ek is super trots om hierdie jaar deel van die line-up te wees. Want ons gaan BOS gaan!”

En as jy nog oortuiging nodig het, lees `n bietjie (bos) hier:

“Want sielkundiges is duur,
Die Bos Jol en `n Vuur,
Sy red my Siel.” – Soné Joubert.

So, kry jou besties bymekaar, pak jou kar en kom bosveld toe vir fantastiese naweek van heeldag musiek en lekker kuier. Die program vir die naweek lyk so:

Vrydag:
Paul Angel Dj set, Soné Joubert, Jay, Droomsindroom, Loufi, Francois van Coke, Synth Peter.

Saterdag:
Marli Monster, Carla Franco, Zebra, Millennium, 4am, Van Pletzen, Martin Bester, Valiant Swart, Ross Harding, The Narrow, Nax.

Feesgangers sal reeds vanaf 3 Augustus toegang kry tot die feesgronde en kan dan reeds tent opslaan vir die naweek. Ons hou almal van n lekker vooraf- partytjie! Jou algemene kaartjie sluitn kampeer-staanplek in. Bring net jou eie tent en kampgeriewe.

Kaartjies

Algemene kaartjies vir 18 jaar en ouer word in 3 fases verkoop:
Fase 1 in Mei:: R550.00 (verby)
Fase 2 in Junie: R650.00 (verby)
Fase 3: Julie and Augustus: R750.00

  • Naweek kaartjies sluit algemene toegang en kampeerplek in.

Dagkaartjies: R350 per dag.

Kinders onder 18 kry gratis toegang maar lees asseblief belangrike nota:
Onder 18`s sal slegs by hek ingelaat word saam met hul ouers.

Koop jou Bietjie Bos kaartjies hier, sien ook die spesiale opsies:
http://www.howler.co.za/bietjiebosfees23

Bietjie Bos Fees 2023
Bietjie Bos Fees 2023

Lewer kommentaar

Leave a Reply