Crazy Diamond – A Tribute to Pink Floyd

Dié huldeblyk aan Pink Floyd word begelei deur Mel Botes. Dit fokus op een van die stigterslede, Keith ‘Syd’ Barrett en die rol wat hy sou speel in die musiek van die volgend 40 jaar, hoewel hy net die eerste twee jaar lid van Pink Floyd was.

Ander musikante in die produksie is Simon Orange, Hansie Roodt, Schalk van der Merwe, Rohan Blignaut en Sjanel Vosloo.

Sondag 28 Junie om 13h30 by Die Boer in Durbanville. Kaartjies kos R200. Bespreek by 021 979 1911.

Mel Botes
Mel Botes

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar