Dekade se Ballades

Kort na die vrystelling van Gian Groen se nuutste CD, Dekade se Ballades, kry die Kaap ‘n geleentheid om Gian en sy band in aksie te sien by Die Boer teater/restaurant in Durbanville op Vrydag 23 Mei om 20:30.

Dekade se Ballades is ‘n 16 snit album en bestaan hoofsaaklik uit nuwe verwerkings van Gian se beste liedjies, asook ‘n paar splinternuwes.

Die band bestaan uit Gian op kitaar en stem, Jeremy Schultze op dromme, Logan Scott op baskitaar, en John Mitchell op klawers. Dan is dit ook al ‘n tradisie om Jurg Human, eienaar van die Boer en hoogs bewame kitaarspeler, as gaskunstenaar op die verhoog te kry vir die Blues segment van die aand. Dit is altyd iets om na uit te sien.

Bespreek so spoedig moontlik by 021 979 1911.

Koop / Buy Dekade se Ballades >>

Gian Groen, Dekade se Ballades
Gian Groen, Dekade se Ballades

Lewer kommentaar

Leave a Reply