Roekeloos
14 Mei
Die Klaaglierdere van ds. Tienie Benadie vertel die storie van ’n middeljarige predikant van ’n sukkelende Afrikaanse gemeente.
Die gemeente se lot is dieselfde as die van baie ander gemeentes: die lidmaatgetalle kwyn, die gemeente se skuldlas groei en die gemeentelede wat steeds tot die kerk behoort, is onseker hoe om sinvol in ’n moderne wêreld te bly glo. Dis ’n storie van verdriet, maar ook ’n storie van die hoop wat nie beskaam nie.
’n Paar jaar gelede was Frank Opperman ’n treffer in Dana Snyman se Die Uwe, Pottie Potgieter. Vanjaar het Dana Snyman spesiaal weer die pen opgeneem om hierdie teks vir Frank te skryf.
Dit beloof een van Innibos se spogproduksies te wees met vermaak uit die boonste rakke, maar ook iets om oor na te dink.
Met: Frank Opperman
Teks: Dana Snyman
Verhoogbestuurder: W.S. Beyers
Genre: Komedie
Ouderdomsbeperking: Gesin
Venue: Emnotweni Arena, Nelspruit
Tydsduur: 60 minute
Prys: R 102
Datum en tyd: Wo 2 Julie 14:00, Do 3 Julie 18:00, Vr 4 Julie 10:00 en Sa 5 Julie 14:00
