Roekeloos
13 Mei
Bernadette leef haar lewe streng volgens die ongeskrewe wette van die samelewing – kleuterskool, laerskool, hoërskool, hoofmeisie, universiteit, waar sy rekenkunde swot (want dit is die enigste manier om sukses in die toekoms te verseker), cum haar graad, werk vir ’n suksesvolle firma, raak verloof aan haar eerste en enigste kêrel ooit, hulle is besig om ’n huis saam te koop en hulle trou nou-nou.
Alles is in orde – die son skyn, daar’s nie reën voorspel nie, die blomme is gerangskik, haar rok is perfek, die kos is bord-uitlek-lekker (alhoewel Bernadette weet haar gaste is meer gesofistikeerd as dit), die troukar is ge-valet, en sy is op pad na die haarsalon.
Wanneer Bernadette daar aankom, verwelkom Jackie haar en Jackie is nie Sonja nie en Sonja het presies geweet hoe om die borsels te draai en die krultange te knyp volgens Bernadette se standaarde. Soos dit ’n goeie haarkapper van Brits betaam, sleep Jackie dinge by die hare by, krap Bernadette se kop om, kry haar kop op hol,
laat haar besef sy sit nog al die jare met haar kop in haar skoot en nou bevind sy haarself kop onderstebo in die middel van haar droom(wêreld)!
* Debuut *
Met: Janel Jordaan en Carina Nel
Regie: Janel Jordaan
Teks: Janel Jordaan
Genre: Tragikomedie
Ouderdomsbeperking: Geen o/16 jaar
Venue: Laerskool Nelspruit
Tydsduur: 70 minute
Prys: R 102
Datum en tyd: Wo 2 Julie 14:00, Do 3 Julie 10:00 en 18:00 en Sa 5 Julie 13:00
