Die blonde orkaan

Die blonde orkaan, soos wat die pers Sonja Herholdt in die 70’s beskryf het, het met haar eerste treffer “Ek Verlang na jou” weghol suses behaal. Gedurende die eerste 6 jaar van haar loopbaan lewer sy ‘n belangrike bydrae tot die vestiging van ‘n nuwe era in Afrikaanse musiek. Na 37 jaar is Sonja steeds aktief in die bedryf en het sy pas haar 36ste album “Pêrels” bekendgestel.

Op 19 Mei 2011 tree Sonja vir die eerste keer by die Boer restaurant teater in Durbanville op. Tydens hierdie optrede sing Sonja van haar gewildste treffers sowel as van die liedjies op haar nuutste album Pêrels. Hierdie optrede beloof om warm, opreg en vol nostalgie te wees.

Sonja Herholdt ‘n eiesoortige unieke ervaring. En as bonus is haar seun Simeon saam met haar op die verhoog. Kaartjies is R100-00 en beskikbaar by 021 979 1911 of 083 406 0111

Lewer kommentaar

Leave a Reply