Lus

Van alle soorte tekste en gedigte is die van erotiese aard meestal straks.

Tog, van dié soort teks het die meeste mense wel ondervinding. Lus gaan verby kleuterryme en toiletgraffiti na die mooiste gedigte in Afrikaans. Dié literêre kabaret is ‘n tong-in-die-kies kykie na lyflike liefde, kleurvol en guitig, stout en hartseer en definitief vermaaklik.

Die kabaret is geïnspireer deur die werke van bekroonde skrywer Hennie Aucamp en tesame met gedigte van Breyten Breytenbach, Lina Spies, Ingrid Jonker, Ronnie Belcher, Peter Blum en Antjie Krog word alle aspekte van die liefde van die lyf ontbloot.

Met Elizabeth Frandzen, Anéle du Plessis, Maryke Nel en Rika Vermeulen.
Regisseur: André Strijdom

Lus is vandag in Wellington by die Die Bordienghuis.

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)lus

Lewer kommentaar

Leave a Reply