Die Ruiters & Swart Skrikbewind!

Op ’n vaal vlakte het ons hulle die eerste keer gewaar. Hulle het snaaks gedans en weggeraak in ’n waas van walms en wind!

Nuwe akoestiese klanke waarin Die Ruiters met oorspronklike toorwoorde goël, terwyl ou bekende klanke van Dylan, Cash, Morrison en Young jou sal ontvoer!

Die Ruiters het gekom in die middel van die nag – op hul hoede om die skrikbewind van middernaggedagtes te verdryf. Hulle loop iewers deur die storm en die bliksemweer, hiér waar die straal van wellus oor die oseaan baljaar, want ’n vrou sal jou doodmaak as sy kwaad is, in ’n donker kamer!

Met: Piet Botha, Mel Botes, Albert Frost en Valiant Swart

Aardklop 2103

Genre: Komiese musiekteater
Taal: Afrikaans / Engels
Ouderdomsbeperking: Ouerbegeleiding
Plek: Klipdrift @ Roots, Potchefstroom
Tydsduur: 70 minute
Kaartjies: R120
26 en 27 Sept. – 19:30

Lewer kommentaar

Leave a Reply