Musiekinstrumente is die karakters in dié vertelling propvol humor en drama.
L’Histoire du Soldat (Die soldaat se verhaal) is ’n musikale verhoogstuk deur Igor Strawinski en vertel die verhaal van ’n soldaat wat sy viool aan die duiwel verkwansel in ruil vir onbeperkte geldelike voordele.
Die vioolmusiek is opsetlik grof en word ongevraagd onderbreek deur die klarinet wat skynbaar ’n wil van sy eie het. Die klavier vervul die rol van die ritme-seksie asook ’n tipiese honky tonk-kroegklavier. Die ritme verander voortdurend en die musiek is ’n los samestelling van jazz-elemente, Weense wals en ragtime.
Met: Niël Rademan (verteller), Visser Liebenberg (klarinet), Misha Melck (klavier) en Ané van Staden (viool)
Genre: Klassieke musiek
Ouderdomsbeperking: –
Tydsduur: 1 uur
Kaartjies: R110 | R130 by die deur
Plek: Fismer, Stellenbosch
Datum: 4 Maart 11:00 | 5 Maart 20:30
Woordfees 2018
Die soldaat se storie
Die soldaat se storie
Roekeloos
2.5