Gian Groen en band

Gian Groen bring 5 Maart om 20h30 sy hele orkes na Die Boer in Durbanville om die gehoor deur ‘n skat van meer as 10 jaar se ballades te neem.

Die band bestaan uit Gian op kitaar en stem, Jeremy Schultze op dromme, Logan Scott op baskitaar en John Mitchell op klawers. Dan is dit ook al ‘n tradisie om Jurg Human, eienaar van Die Boer teater en hoogs bekwame kitaarspeler, as gaskunstenaar op die verhoog te kry vir die Blues-segment van die aand.

Kaartjies kos R100 en is beskikbaar by 021 979 1911/0834060111.

Gian Groen
Gian Groen

Lewer kommentaar

Leave a Reply