Gian Groen se paaie het onlang gekruis met dié van Camille van Niekerk, die Amerikaans-gebore sanger wat ’n besondere liefde vir die Afrikaanse taal ontwikkel het nadat sy met ’n Afrikaans-gebore man getroud is. Haar Afrikaanse weergawe van bekende treffers het ’n internet-sensasie geword nadat sy dit aanvanklik net vir haar man en sy ouers gesing het.

Die twee se vertoning sluit in bekende treffers van Gian sowel as van Camille se gunsteling Afrikaanse treffers. Maak ook reg vir ’n hele paar musikale verrassings.

Die vertoning by die Breytenbach Sentrum op 8 Junie 2019 begin om 20:00 en pizza’s en drinkgoed kan van 18:00 gekoop word. Kaartjies kos R150 per persoon en kan bespreek word by teater@breytenbachsentrum.co.za of 021 873 2786.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar