‘n Ordentlike, openbare Internet hot spot is nie maklik om op te spoor in Oudtshoorn nie. Tydens die KKNK is dinge net soveel erger. Kry jy een is dit so stadig dat jy vier shows kan gaan kyk en ordentlik dronk word voor een e-pos afgelaai het.
Spaar jou die frustrasie en vra eenvoudig vir aanwysings na La Dolce Vita. Dit is sentraal geleë, en sover dit atmosfeer betref is die restaurant loshande die wenner op Oudtshoorn. Fees of te nie, daar is gereeld iemand met ‘n kitaar in die hand, kuns teen die mure, plek om te lê, ligte etes, Suid-Afrikaanse kos, Italiaanse pasta, blêrrie goedkoop pryse én ‘n ordentlike internetverbinding.
En wanneer die son sak in Oudtshoorn is La Dolce Vita elke partydier se hot spot.
Besoek hulle webwerf en sien self: TheSweetLife.co.za
