Roekeloos
19 Mei
Die buitewêreldse stemvermoëns van Chris Chameleon, wat strek oor 4 oktawe en volgens sy eie bekentenis die verpersoonliking is van ’n man, ’n vrou, ’n kind en ’n dier, is iets waaraan gehore gewoond geraak het in sy solo hoedanigheid.
Hierdie jaar span Chris egter op unieke wyse kragte saam met ’n nuwe stem, een van Suid-Afrika se helderste jong digters en sangers, Daniella Deysel.
Chameleon se toonsettings van die ontslape digter Ingrid Jonker het vir hom nasionale en internasionale lof verwerf en hy het nou hierdie gawe toegepas op die digkuns van die jong Deysel. Die roerend eerlike digkuns van Daniella Deysel word aangebied in unieke toonsettings wat opnuut Chameleon se soeke na nuwe uitingsvorme
bevestig. Soos in hulle briewe aan mekaar vervat, word die verhaal van die onsterflike liefde tussen ’n man en ’n vrou vertel.
Hierdie produksie beloof al die kenmerke van Chameleon se werk ten toon te stel: liefde, humor, nuuskierigheid en bowenal hoop.
Met: Chris Chameleon en Daniella Deysel
Musiekregie: Chris Chameleon
Genre: Kontemporêre musiek
Ouderdomsbeperking: Gesin
Datum en tyd: Wo 2 Julie 14:00, Do 3 Julie 19:00, Vr 4 Julie 10:00 en Sa 5 Julie 16:00
Venue: Sanlam Nelspruit Hoërskool Ouditorium
Tydsduur: 80 minute
Prys: R 122
Chris Chameleon – Posduif / Chris Chameleon en Daniella Deysel
