Een van Suid-Afrika se invloedrykste musiekkompetisies, die jaarlikse Nasionale Jeugmusiekkompetisie (NJMK) het slagoffer van die Cronavirus geword.

Vir die eerste keer in 36 jaar, moes die kompetisie gekanselleer word weens die uitwerking van die COVID-19 nasionale inperking.

Die luisterryke kompetisie vir klassieke instrumentaliste tussen die ouderdom van 14 en 19 jaar, met pryse van R145 000, ‘n goue, silwer en brons medaljes word gewoonlik gedurende eerste of tweede week van Oktober beslis. Dit is sedert 2015 by die Hugo Lambrechts-Ouditorium in Parow, Kaapstad aangebied.

Aangebied deur die Nasionale Jeugmusiekstigting (NJMS) was die afsnydatum vir die 2020 inskrywings op 22 Mei 2020 gestel. Die voornemende kandidate moes oudisie-videos vir die keuringsronde deur ‘n panel van gesiene musiekkundiges voorlê.

Die kompetisie is die vlagskip van die NJMS oder voorsitterskap van Michael Maas, wie die kompetisie 36 jaar gelede in Port Elizabeth begin het.

Maas sê die besluit is nie ligtelik geneem nie. Dit is gebaseer op die praktiese realiteite van die nasionale inperking wat vanjaar op 21 Maart in werking getree het.

“Met die 22 Mei sperdatum op die horison, het die inperking voornemende kandidate gekortwiek omdat musiekklasse gekanselleer moes word. Voorts kan hulle nie saam met begeleier repeteer en die die video oudisies opneem nie.

“Onsekerheid oor die nuwe datums van die 2020 skooljaar het ook die voorgestelde datums vir vanjaar se kompetisie van 6 tot 10 Oktober in die weegskaal geplaas,” sê hy.

Die NJMK word beskryf as een van die strafste musiekkompetisies in Suid-Afrika. Die kompetisie vereis stamina, tegniese uitmuntendheid en sterk vertolkingsvermoeëns. Die jong deelnemers wedywer oor vier rondes waartydens hulle ‘n wye repertoire van werke uit verskillende styl-tydperke moet speel.

Meer as 100 verskillende werke word gewoonlik oor die vier rondes van die kompetisie uitgevoer.

“Ons besef dat sommige voornemende kandidate die geleentheid om deel te neem verloor omdat hulle op 10 Oktober 2020, vanjaar se afsnydatum, ouer as 19-jaar sal wees. Die volgende kompetisie work is nou vir 3 tot 7 Augustus 2021 beplan,” sê Maas.

Lewer kommentaar

Leave a Reply