Jak de Priester is by die Drostdy Teater in Stellenbosch met sy warm Winterkonsert. Sy diep treffende stories en oorspronklike liedjies maak hom ‘n geliefde stem en ‘n bekende gesig onder Suid-Afrikaanse gehore. Hierdie winter vermaak hy met liedjies en stories uit sy pen, ook ‘n paar van sy groot abstrakte kunswerke wat uitgestal gaan word. Saam met ‘n lekker glas rooiwyn is dit die beste manier om die komende winter met ope arms te ontvang.
​ʼn Heerlike Wintergereg met ʼn glas pas-rooiwyn is hierby ingesluit.

Kaartjies: R300, by Computicket

Woensdag, 19 Julie
Ete 18:00 | Konsert 20:15

Lewer kommentaar

Leave a Reply