Kaaskop in Kaapstad – Stef Bos

Beskouings
In taal en musiek
Van ‘n Buitestaander wat binnekom
‘n Bittereinder met ‘n kort asem
‘n Vlaamse Nederlander
‘n Katolieke Protestant
‘n
Kaaskop in Kaapstad

Oor Afrikaans sê Stef Bos: “Dis ’n liefde wat nou lankal die stadium van verliefdheid verby is. Dit het ná al die jare diep onder my vel begin kruip en sou ek dit wil los, is dit nie moontlik nie, want dis nou ’n deel van my. Die taal het my na hierdie land gebring.”

Hy het by verskeie geleenthede reeds vertel dat Johannes ­Kerk­orrel hom aan Afrikaans voorgestel het. “In retrospek is dit natuurlik die groot ding tussen my en Afrikaans. Dis ’n vreemde taal wat klink soos my ma se taal. Die taal het ek ­gehoor toe ek nog in haar maag was en nie geweet het wat taal is nie. Die taal wat my reg in die hart kan raak deur die klank.”

Bos is Vrydag, 24 Januarie om 20h00 by die Ou Meulteater in die Paarl. Kaartjies kos R150.00. Bespreek by 083 564 00 56 / vicky@oumeulteater.co.za .

Stef Bos
Stef Bos

Lewer kommentaar

Leave a Reply