“Gatiep,” vra die boer, “hoe ken jy ‘n bul uit van ‘n koei?”
“Meneer, as jy 15 koeie daar innie veld sie lê en een staan regop, daai issie bul.”
♦♦♦
Koos kla by sy vriend in die kroeg: “Toe ek my vrou getrou het, was sy so oulik, ek wou haar net opvreet. Vandag is ek jammer ek het nie.”
♦♦♦
Sannie was nog altyd ‘n stout klein dogtertjie. Op aandrang van haar ma moet sy vir Liewe Jesus bid om haar ‘n soet dogtertjie te maak:
“Liewe Jesus, maak my asseblief ‘n soet dogtertjie.” Daar was so ‘n oomblik van gewyde stilte, en toe voeg sy by: “Maar Liewe Jesus, laat U wil geskiet, nie myne nie.”
♦♦♦
Wat is die boete vir bigamie?
Twee skoonma’s.
♦♦♦
Wat noem mens ‘n babadogtertjie?
‘n Degie, want jy weet nog nie of dit ‘n koek of ‘n tert gaan wees nie.
♦♦♦
(Stuur jou grappe na bydraes [by] roekeloos.co.za)
