Kalfiefees opening

Die openingsaand van die 2010 Kalfiefees gaan iets besonders wees. Behalwe ’n smullekker driegangmaal deur Warwick’s Chef School, gaan die energieke en dinamiese musiekduo Eclips die vermaak verskaf.

Hierdie sexy duo, Lizelle le Roux en Emrie de Wit, verlei, streel en bevredig die oor én oog. Hierdie twee met hul eiesoortige bekoorklanke van twee klassieke instrumente vernuwe bekende Afrikaanse treffers, en die boeremusiekstyl kry ’n stylvolle aanslag. Daar is dus niks oer of vervelig aan hierdie tjello en viool nie.

Hulle is albei meestersgraad-graduandi van UP. Ná vier jaar in die mark met 4 CD’s is Eclips ’n suksesverhaal sonder keer.

Kalfiefees

120 min. R120 Sandbaaisaal
Donderdag 5 Aug. 19:00

Lewer kommentaar

Leave a Reply