Dankie aan Anton Goosen: Een van ons land se grootste liedjieskrywers en ikone het vanjaar 70 jaar oud geword.
Deur die jare het hy aan ons ’n skatkis van die mooiste liedjies, emosies en stories geskenk. Dit het bygedra tot die sukses van vele ander van ons grootste kunstenaars wat met sy liedjies sukses behaal het en die pad oopgebaan vir vele ander om te kon skryf oor ons eie mense en hulle verhale en uniekheid. “Boy van die Suburbs”, “Jantjie”, “Waterblommetjies”, “Silver de Lange” en soveel meer.
Met hierdie konsert span Anton saam met ’n handjievol van sy musiekvriende wat graag aan hom wil dankie sê vir sy ongelooflike bydrae.
MET Anton Goosen, Gian Groen, Amanda Strydom, Schalk Joubert en vele meer
Genre: Kontemporêre musiek
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 1 uur
Kaartjies: Ingesluit by Rivierbuurt-kaartjie
Plek: kykNET Musiekverhoog, Rivierbuurt, Oudtshoorn
Datum: 27 Maart 20:30
Amanda Strydom – ‘n Rugsak vol robyne,
Roekeloos,
23 Maart 2016.