#KleinKarooKlassique Helderberg Baroque Trio

Hierdie barokprogram bestaan uit asemrowende klanke uit die verlede.

Barok-komposisies deur Georg Friedrich Händel, Arcangelo Corelli en Johann Sebastian Bach word uitgevoer deur internasionale en plaaslike kunstenaars.

Berger is, met haar betowerende hartroerende klank, een van die mees gerekende barok-musikante in Suid-Afrika en Duitsland.

Shaw is ’n stigterslid van die Juliet String Quartet, lid van die Camerata Tinta Barocca en Cape Consort.

Dippenaar is ’n gevierde musikant en het die Kanna vir beste klassieke musiekuitvoering tydens die KKNK in 2016 ontvang.

Met: Charlotte Berger (barok-hobo, Traverso- en blokfluit), Annien Shaw (barok-viool) en Erik Dippenaar (klavesimbel)

Genre: Klassieke Musiek
Taal: Afrikaans
Tydsduur: 1 uur 10 minute
Kaartjies: R125
Plek: Surval Boutique Olive Estate, Oudtshoorn
Datum: 14 Augustus 2016

Klein Karoo Klassique 2016

Helderberg Baroque Trio

#KleinKarooKlassique Helderberg Baroque Trio


2

Lewer kommentaar

Leave a Reply