#KleinKarooKlassique Vier vir twee: Musiek vir klavier en klarinet

’n Reis deur van die mooiste werke vir klavier en klarinet.

Die Franse komponis Claude Debussy se Premiére Rhapsodie is een van die mees geliefde komposisies in dié genre, sowel as die Sonate vir Klarinet en Klavier deur sy mede landgenoot, Camille Saint-Saëns. Hierdie hoekstene van die repertoire word gekombineer met werke deur die Suid-Afrikaanse komponiste, Kevin Volans en Priaulx Rainier.

Mareli Stolp en Morné van Heerden het beide aan die Universiteit van Pretoria studeer en is reeds meer as ’n dekade betrokke by kamermusiek in Suid-Afrika. Hulle vars en jeugdige benadering gee nuwe lewe aan wonderlike werke vir klarinet en klavier, wat hulle saam met van die voorste Suid-Afrikaanse voorbeelde uit dié repertoire vir die instrumente aanbied.

Genre: Musiek
Taal: Afrikaans
Tydsduur: 50 minute
Kaartjies: R125
Plek: NGK Park, Oudtshoorn
Datum: 13 Augustus 2016

Klein Karoo Klassique 2016

Musiek vir klavier en klarinet

#KleinKarooKlassique Musiek vir klavier en klarinet


2

Lewer kommentaar

Leave a Reply