Hierdie bekende Belgiese sanger / liedjieskrywer sing storie liedjies in Vlaams, Engels, Afrikaans en Frans. Sy liedjies bevat elemente van folk, blues, jazz en pop. Vir hierdie optrede begelei hy homself op klavier en kitaar.
Kristof Steenhaut is in België gebore waar hy sy graad in musiek en drama aan die Universiteite van Gent en Antwerpen verwerf het. Hoewel hy in klassieke musiek gespesialiseer het, was sy groot passie die uitleef van ’n baie wyer musiekloopbaan in verskillende genres.
Sy professionele agtergrond as ’n kabaretkunstenaar, teksskrywer en akteur voeg hope humor, ironie en satire by sy vertonings en bring ook mee dat hy graag interaksie het met gehore.
Kristof het reeds op internasionale verhoë opgetree saam met kunstenaars soos Ray Charles.
Plek: Pierneefteater
Datum: Vrydag 30 Maart
Tyd: 19h00
Bespreek by 012 329 0709 of info@pierneefteater.co.za
R90 volwassenes / R80 skoliere, studente, pensioenarisse
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

