Die grootste konsert van 2015 is hier! Die Afrikaanse ikoon, Laurika Rauch is saam met die Bloemfonteinse Kinderkoor.
Beleef `n intieme vertoning saam met Laurika, haar pianis, Devereaux van der Hoven-Oosthuizen, en die Bloemfonteinse Kinderkoor. Musiek waarna uitgesien kan word sluit in “Stuur Groete Aan Mannetjie Roux”, “Kinders Van Die Wind” en “Hot Gates”.
Genre: Musiek
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Kaartjies: R160, R200 & R220
Tydsduur: 140 minute (sluit 20 minute pouse in)
Plek: Kovsiekerk, Bloemfontein
Datum: 24 Oktober 2015 – 20:00
Laurika Rauch in Bloemfontein,
Roekeloos,
16 Oktober 2015.
