Vir Altyd

Vir Altyd
Vir Altyd
Vir Altyd is ’n romantiese avontuurfilm wat deur dieselfde skrywers, vervaardigers en regisseur as Pad na jou Hart gemaak is. Dié span is opgewonde om vanaf 12 Februarie 2016 hul nuwe storie met almal te deel wanneer dit landwyd in fliekteaters begin draai.

Die film begin in die mooi wingerde van die Paarl in die Wes-Kaap en die avontuur vat behoorlik vlam op die prag-eiland, Mauritius. Die verfilming in Mauritius was vir die gesoute span ’n hoogtepunt en so het hulle nuwe terreine verken saam met World Leisure Holidays wat die verfilming in Mauritius met ’n filmspan van 40 lede moontlik gemaak het.

Op 28 Oktober 2015 word die amptelike lokprent van Vir Altyd vrygestel, maar intussen kan die publiek solank die onderste lusmakertjie geniet.

Vir diegene wat nie kan wag om die fliek op die grootskerm te sien nie, is daar goeie nuus! Die draaiboek, geskryf deur Ivan Botha en Donnalee Roberts, en verwerk tot ’n roman deur François Bloemhof, sal vanaf 26 Oktober 2015 op winkelrakke beskikbaar wees.

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply