In My Storie My Lied word grepe uit drie uiteenlopende leefwêrelde binne die groter Suid-Afrikaanse konteks deur middel van musiek en teks uitgebeeld.
Daar is ooglopende verskille tussen die stories van die drie hoofkarakters, maar ook ‘n gewaarwording dat elkeen se verhaal lief en leed, vreugde en hartseer bevat. Daar is gemeenskaplikhede wat van elkeen in die eerste plek mens maak, ongeag die spesifieke konteks. Daar is momente wanneer my storie ook jou storie word, en my lied, ons lied.
In hierdie verhoogstuk vir koor en vertellers, word daar geraak aan kwessies wat relevant is binne die Suid-Afrikaanse konteks, sonder dat daar gepoog word om enige saak in diepte te ontgin. Dit gaan eerder om die klein persoonlike geskiedenis van die individu waardeur die verskille, sowel as die ooreenkomste tussen ons land se mense belig word.
Dirigent: Johan de Villiers
Teks: Ronel Retief
Orrel: Zorada Temmingh
Musiekregisseur: Gerhard Niemand
Bas: Schalk Joubert
Kitaar: Sven Blummer
Perkussie: Annemie Nel
Oude Libertas Amfiteater
9 & 10 Desember
Prys: R120/130/150
Tyd: 20h15
Duur: 80 min