Nagenoeg 15 000 mense word komende Sondag by Suid-Afrika se nommer 1 musiekfees Liefde by die Dam by Emmarentia Dam verwag. Die gewilde fees was vanjaar in April vir die eerste keer weer sedert 2020 in Johannesburg en Kaapstad aangebied. Kaartjies vir die April konserte het so vinnig uitverkoop, dat die organiseerders besluit het om dié gewilde dag-fees nog `n keer in die tweede helfte van die jaar aan te bied.  Pierre Greeff van Die Heuwels Fantasties en ook een van die organiseerders : “Die kaartjies vir Johannesburg het weer gevlieg. Ons het met die vorige twee konserte vroeër vanjaar gesien dat mense`n behoefte het om lekker te kuier en weer epiese konserte te ervaar.  Komende Sondag se Liefde is ons grootste fees tot dusver en ook die mees gepakte line-up wat gaan sorg vir ‘n propvol dag van musiek en goeie vibes. Verwag ‘n paar verrassings en die lekkerste produksie nog.”

Die kunstenaars wat gaan optree gaan almal sorg vir groot gees. Early B was al `n paar keer op die Liefde by die Dam verhoog. Hy vertel: Dit is vir my elke jaar `n hoogtepunt. Die getalle mense wat opdaag is crazy. Die groot gehoor en gees van die fees laat dit voel soos `n internasionale produksie. Almal kom om `n lekker show te sien en ek gaan `n lekker show bring. Almal saam met my op die verhoog klim gaan hulle A game bring.”

Elandré beaam: “Maak reg vir grootmaat samesyn! Die vorige twee Liefde by die dam vertonings was so meevoeroend en die hoeveelheid mense kon ek amper nie begryp nie. Dit is wild om te dink dat ons hierdie keer selfs nog groter gaan. Ons is so geëerd om weer deel te wees van so ‘n kragtige line-up. Dit beloof om die beste een sover te wees, en ons beloof om die beste van onsself saam te bring!”

Die musieklegende Anton Goosen gaan vir die eerste keer sedert die Camprock Fees in Windhoek voor die covid pandemie weer op `n groot verhoog. Goosen : “Ek en die bushrockband sien baie uit na Liefde by die Dam. Dit voel inderdaad of ons in n tydmasjien opgesluit was met aanlyn en beperkte vertonings in `n uiters vreemde tydperk vd plaag – Ons sien baie uit na die vertoning asook om weer vir ons musiekkollegas dag te kan .”

Feesgangers kan sosiale media dophou vir die skedule vir die dag. Die program sluit in:

Die Heuwels Fantasties, Jack Parow, Riaan Benadé, Robbie Wessels, Early B, Karlien van Jaarsveld, Elandré, Ricus Nel, Anton Goosen, Eloff, Irene-Louise van Wyk, Justin Vega, Droomsindroom.

Met MC Casper de Vries.

Liefde by die Dam 2022 - Emmarentia
Liefde by die Dam 2022 – Emmarentia

Lewer kommentaar

Leave a Reply