Ligdag

Ek voel effens geïntimideerd om hierdie album te resenseer omdat dit so briljant is”, sê Rapport Tydskrif se resensent van Laurinda Hofmeyr se nuwe album Ligdag; en kies die CD dadelik as sy album van die dekade.

Hofmeyr is Afrikaanse musiek se briljante bydrae tot die world music genre. Soos die meeste kunstenaars in hierdie styl, werk sy in haar eie taal. So ons is gelukkig, want saam met haar “akademiese musikaliteit, eerlike emosie en sielvolle vertolking”, kry ons ook poësie. Maar “daar is gedigte wat verspot maklik getoonset behoort te kan word, dié waar eenvoudige woorde sommer net so by ‘n wysie inval. Dan is daar die toonsettings van Laurinda, Breyten Breytenbach, Antjie Krog, Sheila Cussons en Ingrid Jonker.

“Die verwerkings getuig van vakmanskap. Luister met respek daarna, en verlustig jou in kuns wat ook meevoer.” (Die Burger)

Moet egter nie dink haar musiek is slegs vir die diep denkers onder ons nie. “Selfs deurwinterde rock en rollers sal dit geniet. Trouens, dis so ver verwyderd van Afrikaanse luisterliedjies as kan kom.” En hoe dan ook anders, want sy werk saam met van die beste musikante in die land, onder andere Schalk Joubert en Nic Turner.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar