Nianell, ‘n boorling van Namibië, se liedjie Who Painted the Moon? verskyn op die speellyste van volwasse kontemporêre radiostasies in die VSA en Kanada. Vyf liedjies vanaf dié album is deel van Suid-Afrikaanse radiostasies (Highveld Stereo, Jacarande, KFM, East Coast Radio, 5FM, RSG, Algoa, OFM en Radio Wave) se top 20 gunstelinge. Asof dit nie ‘n mondvol is nie, het die internasionale Hayley Westerna die titelsnit ingesluit op haar album Pure wat reeds meer as 1.2 miljoen kopieë verkoop het.
Nianell is tussen Windhoek en Swakopmund in die klein dorpie met die naam Omaruru gebore. Sy voltooi haar skoolloopbaan in Windhoek, behaal ‘n diploma in ligte musiek aan die Technikon in Pretoria en vervolgens ‘n diploma aan Londen se Trinity College.
Haar musiek is moeilik definieerbaar omdat dit buite die grense van hoofstroom rock of popmusiek val. Dit bevat wel elemente daarvan, asook elemente van R&B, folk-, klassiek-, keltiese en country musiek. ‘n Resensent beskryf haar soos volg, “…her rich, 3 and a half octave vocal range ensured that she was awarded numerous musical accolades, including the prestigious Crescendo prize for tone setting. In a world of popular music where music, artists and songs seem to blend into an never ending cycle of grey sound alikes it’s refreshing to know that there are artists that still blaze new diverse musical frontiers, holding true to the spirit of artistic independence and passion for the music.”
In 2002 is sy genomineer vir ‘n SAMA toekenning in die kategorie Beste Volwasse Kontemporêre Album – Engels. Volgens navorsing wat in Portland, VSA gedoen is, het vier liedjies vanaf die album Who Painted the Moon? as hoogs aan te beveel getoets. Die liedjies is “As One”, “Isn’t It”, “Who Painted the Moon?” en “Take Me Home”.
Haar nuutste album Angel Tongue laat gehore landwyd regopsit.