Mot om die kers

Die titelsnit “Mot om die Kers” hou al groot belofte in en dit word opgevolg met die snit “Die Maer Liedjie” wat waarskynlik net so ‘n groot treffer soos “Miljoen” gaan word. Wat “Miljoen” vir armes gedoen het, gaan “Die Maer Liedjie” waarskynlik vir dié van ons doen wat nie alles kan eet wat ons sien nie. “Heel van Vooraf” is ‘n pragtige nommer en daar’s sosiale kommentaar in snitte soos “Twee Vingers” en “Die Dubbelgangers”.

Die verwerkings op die CD is iets besonders en dieselfde kan gesê word van die ondersteunende kunstenaars wat saam met Lucas Maree optree. En hy het nou maar eenmaal die vermoë met eenvoudige woorde alledaagse, maar diep, gevoelens uit te druk.

Lewer kommentaar

Leave a Reply