My naam is Willie

Willie Strauss se derde cd, My naam is Willie, is ‘n kulminasie van sy strewe na ‘n fusie van poësie en musiek.

Anders as op sy vorige albums is daar ook ‘n paar verwerkings van ou bekende gunstelinge, soos byvoorbeeld Stille Waters en Halala Afrika. NP van Wyk Louw word die keer net een keer verteenwoordig deur Ballade van die Nagtelike Ure.

Willie Strauss raak nooit teatraal nie. Hy laat die woorde toe om tot eie reg te kom binne die musikale verwerking. Strauss se stem is as ´t ware deel van die groep instrumente wat die woorde begelei.

Strauss se persoonlike bydraes skuif goed in plek in die geselskap van die ander woordkunstenaars op die album. Sy “My Boetie” is een van my gunstelinge.

My naam is Willie is ‘n produksie van goeie kwaliteit en Srauss word goed ondersteun deur sy band, wat onder andere ‘n viool, tjello en trompet insluit, en die bedrewe stem van Lydia vom Hagen.

Lewer kommentaar

Leave a Reply