Miss Yesterday

Alan Ayckbourn (van Sugar Daddies-faam) se nuwe toneelstuk premiere op 2 Desember 2004 by The Round, Stephen Joseph Theatre in Scarborough, VK.

Ayckbourn is skrywer en regisseur van Miss Yesterday, ‘n toneelstuk gemik op die hele gesin en die komende vakansie- en kersseisoen.

Tammy is ‘n probleem vir haar onderwysers en skatryk suksesvolle ouers. Sy staan laaste in haar klas, is voortdurend in die moeilikheid. Waarom kan sy nie meer soos haar ouer en intelligente broer Ian wees nie? Waar het alles verkeerd geloop en wat gaan van haar word? Selfs die 15-jarige Tammy wonder hieroor. Dan ontmoet sy onverwags ‘n vrou wat die horlosie 24-uur kan terugdraai, haar die geleentheid bied om alles reg te stel. Maar hoekom lyk die vrou vaagweg bekend?

Lewer kommentaar

Leave a Reply