Net een soos jy

Daar is nou al drie dekades lank net een Carike Keuzenkamp, maar egoïsties is dié sprankelende vrou se nuwe CD nie. Die titel-snit kom uit een van die liedjies omdat sy die nuwe album opdra aan haar pa, Carel. Dis hy wat doerietyd haar aangepor het om die immergroen treffer “Timothy” op te neem en van toe af is Carike ‘n huishoudelike naam.

net een soos jy … is net wat haar duisende aanhangers wil hê en sy stel hulle nie teleur nie. Daar is nuwe liedjies soos “Jock van die Bosveld” en “Al is ons twee dan anders”, ligte liedjies soos “Ai toggie liewe motor” en “Mans is almal cowboys”, goue oues soos “Blue eyes crying in the rain” en “Wolverton Mountain” en les bes ‘n keurspel wat haar “Timothy”, “Sarah de Jager”, “Lang”, “maer blonde man” en “Hoeka Toeka” insluit.

net een soos jy … volg die beproefde ou resep. Carike se musiek sal nooit aanstoot gee of afwyk van die patroon nie. En haar bewonderaars vra altyd nog.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar