Philip de Villiers

Philip de Villiers (26) se musiekloopbaan het begin op 15, toe hy die trekklavier gespeel het op die strate van Kaapstad. ‘n Jaar daarna, op 16, het hy die nasionale Ithuba-liedjieskryfkompetisie op TV1 gewen. Met die prysgeld (R10 000) het hy vir 3 maande gereis na Europa en die VSA, waar hy o.a. op die strate van New York en Londen gespeel het.

Na matriek het hy ‘n werk gekry as ‘n straatmusikant by die V & A Waterfront in Kaapstad oor die Kersseisoen, waar Jennifer Ferguson hom raakgesien het. Sy het hom genooi om te speel in haar show by die Waterfront, en hom aangepor om jazz te gaan studeer.

Aangesien Philip geen formele musiekopleiding gehad het nie, is sy aansoek om jazz te studeer aan die Pretoria Technikon afgekeur. Philip het besluit om vir ‘n jaar in Londen gewerk as ‘n nagwag by die Guys Hospital, waar hy kadawers moes bewaak, en tegelykertyd homself geskool in basiese musiekteorie en harmonie uit boeke wat hy gekoop het in Tottenham Court Road.

Hy is terug na Suid-Afrika, en sy aansoek by die Technikon is aanvaar. Hy het vir 2 jaar daar geswot, en toe sy studies onderbreek om ‘n jaar-lange klankingenieurskursus in Kaapstad te doen. Van sy medestudente was van die Kaapse Vlakte, waar hy hip-hop ontdek het en een van sy grootste invloede, DJ Shadow.

Daarna het hy ‘n “music business” kursus geloop by Allenby Campus in Johannesburg, en is weer terug na die Technikon Pretoria om verder Jazz Klavier te studeer.

Hy het ook ‘n sangkursus gedoen by Tanya Kramer (o.a. stem-afrigter van Wendy Oldfield) in Johannesburg, terwyl hy jazz geswot het.

Tussendeur sy studies het ‘n opgetree as musiek-regisseur en vervaardiger vir musiekblyspele by skole. Hy het betrokke geraak by nywerheidsteater vir Blue Moon Productions en Naspers.

In die jaar 2000 was hy musiekvervaardiger en -verwerker vir die Highstreet Theatre in Bellville se kinderteaterproduksies.

Na sy studies, in 2001, is hy vir ‘n jaar na Londen, waar hy gewerk het as bemarkingsbestuurder vir ‘n webwerf.

In 2002 het hy deelgeneem aan ‘n ATKV-ligteliedjiewerkskool te Kaapstad, en sy liedjie, “Daar’s nog veel te redde” is aangewys as algehele wenner. Hy het nasionale nuus gemaak die aand van die toekenning, toe hy onverwags ‘n buurvrou se baba gevang het. Die storie was op die voorblad van Die Burger, Die Volksblad, Die Beeld en Die Burger Oos-Kaap, asook in Drum Magazine.

Philip bedryf ‘n sangskool in Johannesburg, en het ook sy eie musiek-onderneming, “Planet Pip Music” gestig.

Philip is die stigter van die Johannesburg/Cape Town Songwriting Circles, wat in Johannesburg en Kaapstad bedryf word . Hy bied ook kreatiwiteteitswerkswinkels ontblokkingskursusse aan in Johannesburg en Kaapstad.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar