Derrich Gardner van RSG se Brekfis met Derrich saai regstreeks uit van die Springs Meat World op Saterdag, 17 Desember 2022 vanaf 06h00-10h00.  Na die regstreekse uitsending gaan daar heelwat vermaak wees vir die hele gesin en heelwat spesiale aanbiedinge.  Die gratis Meat World Musiekfees word ook na 10h00 aangebied met top kunstenaars, SAARKIE West, Riaan van Rensburg (van Noot vir Noot-faam), Alwyn Oberholster en Patrick Shabangu.  Daar word ook ‘n kuns- en vlooimark beplan.  As jy belangstel om ‘n stalletjie te bespreek, skakel 083 254 7293 of 011 815 3000.  Jy kan ook ‘n epos stuur aan info@lefra.com  Kom maak jou vrieskas vol by Meat World vir die Feesseisoen.  Kom proe ook die heerlike Meat World braaivleis by Meat World Springs by die Springs Nasionale Varsproduktemark in Paul Kruger Hoofweg.

Meat World Springs en RSG is ook op soek na die Oos-Rand (Ekurhuleni) se Braaikoning.  Kan jy jouself as ‘n braaimeester beskou, vra die familie en vriende altyd vir JOU om te braai of is jy die braaier wat almal se vleis moet braai by ‘n bring-en-braai.  Daar waar almal swak vleis bring en almal jou T-Bone of Tjoppies op eet.

Meat World bied ‘n lekker Braai-kompetisie aan op 17 Desember 2022 by Springs Meat World.  Om in te skryf, is baie maklik!  Vul net die volgende vorm aanlyn in en sê vir ons hoekom moet ons vir JOU kies as een van die vyf finaliste in ons braaikompetisie!

https://www.emailmeform.com/builder/form/nC1uTle73di76bfOa6If0

Deelnemers kan ook per SMS inskryf.  SMS die volgende aan 37338: Braai, Jou Naam en Van, Jou Stad of Dorp, Jou Epos-adres en hoekom ons jou moet kies as finalis in ons Braaikoning-kompetisie.  Al die inskrywingsbesonderhede verskyn ook by www.meatworld.co.za of op Meat World se Facebook-blad.

Die vyf finaliste gaan hulle eie vure moet maak, die vleis marineer en vir vier ure braai.  Soos hulle braai, kan die publiek kom proe hoe smaak die lekker gebraaide Meat World-vleis.  Meat World verskaf die vleis en die vyf finaliste gaan ook die geleentheid gebied word om vir 5 minute in die Meat World Springs se slaghuis alles te kies wat hulle gaan nodig hê om as Braai Koning gekroon te kan word.  Die wenner van ons Braaikoning-kompetisie wen kontant ter waarde van R10 000.  Die vier naaswenners wen elkeen R1 000 se vleis met die komplimente van Meat World Springs.

Skryf onmiddellik in en staan ‘n kans om weg te stap met R10 000 en die titel van die Meat World Braaikoning.  Vir meer inligting, skakel Monica Booysen by 0118153000 of epos aan info@redpenmarketing.  Bepalings en voorwaardes geld.  Deur in te skryf vir hierdie kompetisie aanvaar deelnemers die Bepalings en Voorwaardes.

Lewer kommentaar

Leave a Reply