Drie jong musici het verlede week geseëvier in die 2021 Nasionale Jeugmusiekkompetisie (NJMK). Die kompetisie het op Saterdag 11 Desember ‘n hoogtepunt bereik met ‘n galakonsert by die Hugo Lambrechts-Ouditorium in Parow, Kaapstad.

Die ses finaliste het in ‘n Covid-protokol, volgepakte ouditorium teen mekaar meegeding onder begeleiding van die Kaapstad Filharmoniese Orkes (KFO), gedirigeer deur Brandon Phillips.

The 19-jarige Gerhard Joubert, ‘n pianis en tweedejaar musiekstudent by die Universiteit van Kaapstad het met die gesogte eerste prys van R30 000 en die goue medalje weggestap. Hy het ook die eerste prys van die klavier-kategorie, plus twee verdere pryse ingepalm – die beste uitvoering van ‘n Suid-Afrikaanse werk in enige ronde, die Pauline Nossel-prys vir die beste uitvoering van ‘n klassieke werk deur ‘n pianis, sowel as R5 000 vir die beste uitvoering van ‘n concerto in die finale ronde.

Die silwer medalje en R12 500 prys is aan die 19-jarige altviool-speler, Eike Coetzee, ‘n matrikulant by die Musikgymnasium Schloss Belvedere in Duitsland toegeken. Hy was die wenner van die stryk-kategorie en het ook saam met Gerhard Joubert R5 000 gewen vir die beste uitvoering van ‘n concerto in die finale ronde. Eike het ook die Polina Burdukova-prys van R5 000 vir die beste uitvoering deur ‘n strykinstrumentspeler vir die beste uitvoering deur ‘n strykinstumentspeler van ‘n werk deur ‘n Russiese komponis ingepalm.

Fluitspeler, Daniël Spies, 15, van Roodepoort in Gauteng het met die brons medalje en prysgeld van R8 000 weggestap. Hy het ook die houtblaaskategorie gewen, met ‘n silwer medalje en R5 000.

Kyrah Adams, 15, ‘n leerder by Paarl Gimnasium het as wenner van die kategorie vir ander orkesinstrumente weggestap met haar spel op die xilofoon/marimba.

The NJMK vier vanjaar 37 jaar van musiekuitmuntendheid. ‘n Rekord 26 deelnemers het van 6 tot 11 Desember oor vier rondes meegeding. Elkeen moes ‘n wye repertorium van werke uit verskillende styl-tydperke speel en is deur agt vooraanstaande musiekkenners beoordeel.

“Ondanks die onheilspellende wolk van die wêreldwye Covid-19 pandemie, het dié opkomende sterre die peil van die kompetisie verhoog,” sê Michael Maas, “Elke deelnemer – al 26 het in hulle eie reg uitgeblink.”

Die kategorie naaswenners was Leo Huan, 18, van Pretoria (klavier) en Mike Wang, 14, van Paarl (klavier), Pieter Joubert, 19, ‘n UK-student van Bloemfontein (stryk) en Esihle Mthethwa, 16 van Pietermaritzburg (houtblaas). Daar was ses deelnemers wat die Michael Masote-prys van R2 000 vir belowende kandidate in elk van die vyf kompetisie kategorieë wie nie in die derde en vierde rondes van die kompetisie gespeel het nie. Hulle was pianiste Karlin Kock, 19, Jacqueline Choi, 19 and Ying-Shan Tseng, 18. In die ander kategorieë was dit Pendo Masote, 17 (stryk), Jaimie Miller, 18 (koperblaas) en Kagiso Ramosa, 20, (houtblaas).

Die vier kategoriewenners van die 2021 Nasionale Jeugmusiekkompetisie het elkeen R5 000 gewen. Hulle is Gerhard Joubert, 19, Kyrah Adams, 15, Daniël Spies, 15, voorsitter van die Nasionale Jeugmusiekstigting, Michael Maas en Eike Coetzee, 19. Joubert, Coetzee en Spies was respektiewelik eerste, tweede en derde in die kompetisie.
Die vier kategoriewenners van die 2021 Nasionale Jeugmusiekkompetisie het elkeen R5 000 gewen. Hulle is Gerhard Joubert, 19, Kyrah Adams, 15, Daniël Spies, 15, voorsitter van die Nasionale Jeugmusiekstigting, Michael Maas en Eike Coetzee, 19. Joubert, Coetzee en Spies was respektiewelik eerste, tweede en derde in die kompetisie.

Lewer kommentaar

Leave a Reply