Plaasdorp

Afrikaanse rock groepe is lankal nie meer ‘n nuwe verskynsel nie. Plaasdorp is iets vervrissend anders. Hierdie is beslis nie jou gewone gig nie.

Suid-Afrikaners is meestal traag om die nodige steun aan die plaaslike rock industrie te gee. Alhoewel ons sit met strome talent wat internasionaal vir niks hoef terug te staan nie gebeur dit dikwels dat optredes nie bygewoon word soos wat mens sou verwag nie. Drie name wat in die Afrikaanse Rrock genre geen bekendstelling nodig het nie is Charles van die groep Beeskraal, Stean van Diff-olie en Zippo van Tynhys. Al drie is gevestigde kunstenaars en oor hulle musiektalent is daar geen twyfel nie. Gooi nou die drie saam op een verhoog met ‘n sonsambreel, drie visstokke en ‘n liter brandewyn en kyk wat gebeur!

Plaasdorp is ‘n projek wat Charles, Stean en Zippo aangepak het om ‘n breër gehoor aan afrikaanse rock bekend te stel. Die aanbieding is informeel en daar word baie oor en weer geskerts na mekaar. Maak jouself gereed vir ‘n goeie lagsessie of twee. Die ouens is lekker interaktief met die gehoor en ‘n mens voel later of jy rerig langs die viswaters sit saam met die drie. Musiek word gesing nie net van hul eie groepe nie maar ook van ander kunstenaars met die nodige verduideliking van wie dit sing en waaroor dit gaan. So kry Plaasdorp dit ook reg om die Afrikaanse rock industrie as geheel te bemark.

Plaasdorp se optredes is ietwat beperk aangesien die lede self ook in bands speel en hulle tyd daarby moet aanpas. Daar word nog ‘n hele paar optredes beplan vir die jaar maar ek sal aanraai as jy in Gauteng omgewing is sorg dat jy by hulle uitkom aangesien hulle in die volgende paar weke ‘n paar keer gaan optree. Vir die res van die land wat hulle nog nie gesien het nie, kyk maar uit as hulle in jou omgewing is, dis beslis die moeite werd.

Lewer kommentaar

Leave a Reply