‘n Fees van hulle nuutste musiek, lirieke, digkuns en daardie kenmerkende energie wat jou lank na hierdie vertoning geïnspireer sal los om vol en kleurvol te lewe.

Hulle genre kan nie beperk word tot een woord nie.  Hulle lirieke vertel stories van ons diepste menswees en hulle musikaliteit en energie het gehore dié musiek ervaring as lewens veranderend laat beskryf.

Lourens en Esté RAAF doen die lewe anders – elke dag is ‘n avontuur, elke oomblik ‘n geleentheid.  Met dié vooruitsig bring hulle die musiek van die splinternuwe Prediker album asook van die ou gunstelinge na Die Boer.  Met hulle verhoog vol instrumente en skatkis vol stories beloof dit om ‘n konsert te wees wat jy nie wil misloop nie …

 Kom klim op die RAAF-tuig vir ‘n reis van musiek wat jou gaan laat lag, huil en mees beslis gaan laat partytjie – ’n musiek ervaring wat jy nooit gaan vergeet nie!

RAAF by Die Boer teater restaurant in Durbanville op 28 Augustus 2024 om 20h30. Kaartjies kos R250 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

Raaf, foto: Riehan Bakkes
RAAF, foto: Riehan Bakkes

Lewer kommentaar

Leave a Reply