Die ATKV-Tienertoneelkompetisie is die oudste projek van die ATKV en kweek al vir sestig jaar ’n liefde vir toneelskepping in Afrikaans, toneelspel en teater-kyk by hoërskoolleerders.

Met ATKV-Tienertoneel word leerders soveel geleenthede as moontlik gegee om by al die aspekte van die toneelstuk betrokke te raak, met ander woorde by die spel, regie, skryf van tekste, kostuums, dekor, grimering, klank, beligting, verhoogbestuur, choreografie en selfs bemarking!

Hierdie projek vind landwyd plaas deur die aanbied van streeksfeeste in Suid-Afrika en spog met ’n nasionale feesfinaal enig in sy soort waar die bestes van die bestes gekroon word.

By die Baxter Pam Golding-teater in Rondebosch vanaf 15 tot 24 Augustus 2024.

ATKV-Tienertoneel
ATKV-Tienertoneel

Lewer kommentaar

Leave a Reply