As jy wil ontspan na maande van verkiesing en stresvolle oorlewing, dan is Fast and Reasonably Furious die verligting waarna jy gesoek het.

Alan Committie se mond is so rats soos Cheslin Kolbe, terwyl hy spog met die liggaamsbou van Ox Nche. Hy herkou oor 50 word, koninklikes, kinderboeke, kunsmatige intelligensie, lirieke en heelwat meer.

Dit is perfekte vermaak vir die hele gesin (behalwe daardie een oom waarvan niemand hou nie … moet hom nie saambring nie. Ter wille van almal.)

Die regie is behartig deur Fleur du Cap wenner Christopher Weare.

Fast and Reasonably Furious is by Die Boer in Durbanville op 3 en 4 September 2024 om 20h30.

Kaartjies is R220 en beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

Fast and Reasonably Furious
Fast and Reasonably Furious

Lewer kommentaar

Leave a Reply