Die gewilde Rock ‘n Taal-produksie van Port Elizabeth gaan hierdie wintervakansie die langpad vat om gehore landwyd te wys hoekom hulle produksie aangewys is as die Top Oos-Kaapse musiekskouspel (Eastern Cape Showtime Awards). Maar méér as dit: om jonk en oud se voete te laat juk, hulle terug te laat verlang … en hul opgewonde te maak oor die pad vorentoe vir Afrikaans! Dié produksie beloof om gehore aan die praat te hê met sang uit die boonste rakke en ‘n uitstekende lewendige orkes op die verhoog.
Al die name, al die treffers; al die bestes in een show; en die verhoog gaan behoorlik uit sy nate bars!
Twee Baaise sangers – Pieter Rademeyer en Annelie Oosthuizen – neem die gehoor saam met hulle op reis deur die vele fasette van die Afrikaanse taal.
‘n Orkes op die verhoog dra verder by tot die lekkerte van dié vertoning.
Pieter Rademeyer is ook in die regisseurstoel met Lilian Zeelie as musikale regisseur.

